I am JUST me *uncensored*

June 30, 2008

ALLEEN, EENSAAM OF VERLATE?

Filed under: Uncategorized — platterfuss @ 8:12 am
Tags: , ,

Gisteraand toe ek huistoe ry van my ma-hulle af het ek toe weer kans vir dink…

 

En toe wonder ek oor alleen?  En wanneer word alleen eensaam?  En wanneer voel mens sommer net verlate!

 

Ek’s nie goed met Sondagmiddae nie!  Was nog nooit!  As ek die selfmoordtipe was, sou ek dit ‘gereel’ het vir ‘n bewolkte Sondagmiddag, so as dit net skemer raak!  Normaalweg vrek ek oor skemer… maar dit werk nie vir my op ‘n Sondagmiddag nie!  Dis polskouend k@k!

 

Ek’s ‘n ‘alleen’ mens… uit keuse! Alhoewel ek ‘n ekstrovert is… Miskien het ek my lewe deur te veel mense ‘deur die dag’ om my, so….  Ek soek ‘rus en vrede’ as ek my werksomgewing ‘verlaat’…. Ek’s nie gepla met myself nie, so ek kan alleen wees! Ek dink net mense wat vrede met hulleself gemaak het kan ‘alleen’ werklik hanteer….  En besluit wanneer ek mense om my wil hê!  En dan kry ek mense om my! My huis is baie ‘privaat’… dis waar ek wegkruip as die lewe erens begin voel soos ‘n nommer te klein skoen! So, min mense weet eers waar ek bly, net die baie ‘bevoorregtes’!

 

Ek is nie eensaam nie, want daar’s mense om my, en naby genoeg….

 

Maar verlate?  Soms, soos gistermiddag voel ek oneindig verlate!  Ek’s erg ‘familie-vas’…  en my hele familie bly 200km van my af….  En toe ek Johannesburg se vrot lug so voor my sien, kom daar toe ‘n verlatenheid oor my…..  erger as erg!  Hehe!  EN ek kry myself toe erg jammer….  En ek wonder, wat as ek die tydelike met die ewige verwissel…. Wie gaan dit eerste agterkom, en hoe lank gaan dit vat?  Ek het die k@k manier om soms sommer net nie my foon te antwoord nie, net omdat ek nie lus is vir mense nie… so, baie mense gaan dink ek’s maar net weer in ‘n mood! My ouers gaan ten to one dink ek’s erens in die vlaktes, dat ek net vergeet het om hulle te laat weet….

 

Maybe sal Floyd (die plothond) sy broodjie mis en agterkom????

 

Toe ek deur Krugersdorp ry (daar’s so ‘n dammetjie affere reg langs die pad), toe voel ek ook alleen…. Want ek sou eintlik daar wou gaan stap….  Saam met iemand!  En ek besef, ek voel ‘alleen’, nie eensaam nie…. Die verskil dink ek is ‘commitment’ en ‘n ‘partner’…. EK sou saam met ‘n ‘pal’ wou stap… iemand wat nie ‘commitment’ beteken nie, want ek wil nie ‘commit’ nie, nooit weer nie…. 

 

Maar hoeveel mense hier, en daar buite is werklik alleen?  Ek kan die foon optel en ek’s nie meer ‘alleen’ nie….  Of ek kan by die deur uit loop en ek het vriende ‘n paar meter van my af… 

 

Hoeveel mense het dalk nie iemand op wie se knoppie hulle kan druk nie?

 

Hoeveel mense is eensaam?  Daai drang na ‘n partner om hulle lewens mee  te deel?  Hoeveel mense land in ‘n siek verhouding bloot net omdat hulle eensaam en desperaat vir ‘n partner was?

 

Hoeveel mense raak ‘verlate’ (en dalk ook ‘verlore’) omdat hulle alleenheid of eensaamheid net te veel raak?

 

 

June 26, 2008

Ietsie moois…..

Filed under: Life — platterfuss @ 9:11 am

Ek wil so graag blog, maar… daar’s net nie tyd

nie…  so, dankie DEBBIE vir die ene!!

Die pa se oë

In Derde Laan staan ‘n klein huisie met ‚n pragtige roostuin en ‚n groot populierboom.  Dit is hier waar Theo en sy pa gebly het.

Hulle het alleen daar gebly, want sy ma is jare gelede al oorlede.


Almal in die dorp het dié twee se verhouding bewonder.  Theo se pa het nie een van sy rugbywedstryde misgeloop nie.  Of dit nou mooiweer of stormweer was, jy kon verseker weet, Theo se pa was daar.  Hy was sy seun se grootste aanhanger.  Ironies, Theo het nooit in ‘n wedstryd gespeel het nie;  hy was altyd die reserwe.  Ná elke wedstryd was sy pa se woorde:  ”Miskien speel jy volgende keer.”  Dan het sy pa altyd met sy arm om Theo se skouers daar weggestap.

Sonder enige druk van sy pa se kant, het Theo aangehou oefen en het hy altyd sy beste by elke oefening gegee.  Hy het egter deur sy hele hoërskoolloopbaan die reserwebank vol gesit, want - omdat die skool klein was - het hulle net een span in sy ouderdomsgroep gehad.  Maar sy pa het steeds getrou al die wedstryde bygewoon.

Dit was voor een van die laaste wedstryde in sy matriekjaar dat ‘n tragedie Theo tref.  Sy pa is skielik dood.  Dit was vir hom ‘n baie  groot skok.  Hy het die afrigter gevra om dié week van die oefeninge verskoon te word.  Die afrigter het vir hom gesê:  ”Theo, neem soveel tyd as wat jy wil, want dis ‘n groot verlies wat jou getref het.”

Die Saterdag met die wedstryd daag Theo in sy rugbyklere by die wedstryd op.  Hy gaan staan voor die afrigter en pleit-vra:  ”Meneer, kan ek asseblief vandag speel?”  Die afrigter het gevoel dat hy met so ‘n belangrike wedstryd nie kon bekostig om ‘n swak speler in te span nie, maar besluit toe tog om hom te laat speel.  Hy het geredeneer:  Hoeveel jare lank oefen hy nou al getrou sonder om te speel en boonop is sy pa dood.  Ek sal hom ‘n kans gee.

Theo speel fantasties en druk selfs die wendrie.  Na die tyd stap die afrigter na Theo:  ”Waar het jy al die tyd hierdie talent gebêre?  Jy was briljant.”  Theo het met trane in sy oë gesê:  ”Meneer, my pa is in die hemel.  Meneer weet hy het getrou al die wedstryde bygewoon, al was hy blind.  Wel, vandag was die eerste keer dat hy my kon sien speel.  Ek wou vir hom wys … ek kán speel!”

Onthou, ongeag hoe jy nou voel, iemand is trots op jou, dink aan jou,  gee om vir jou en is lief vir jou.  


God - en al die mense wat lief is vir jou - hou jou in liefde dop.

“When you have nothing left but God, you have more than enough to start over again!!!”  

June 23, 2008

Eish!

Filed under: Uncategorized — platterfuss @ 1:35 pm

June 20, 2008

Dis VRYDAG! Dankief@kkentog!

Filed under: Uncategorized — platterfuss @ 10:27 am
One day I was walking down the beach with some friends when someone
shouted….”Look at that dead bird!” Someone looked up at the sky and
said…”where???”

 

 

 _____________________________________________________________________________ While looking at a house, my brother asked the estate agent which direction
was north because, he explained, he didn’t want the sun waking him up every
morning. She asked, “Does the sun rise in the north?” When my brother
explained that the sun rises in the east, and has for sometime, she shook
her head and said, “Oh, I don’t keep up with that stuff.” *

 

 

 

 _____________________________________________________________________________ My colleague and I were eating our lunch in our cafeteria, when we overheard
one of the administrative assistants talking about the sunburn she got on
her weekend drive to the beach. She drove down in a convertible, but “didn’t
think she’d get sunburned because the car was moving”.

 

 

 

 _____________________________________________________________________________ I told the girl at the steakhouse register that I wanted the half kilogram
sirloin. She informed me they only had an 500g sirloin. Not wanting to
make a scene, I told her I would take the 500g steak instead of the
half-kgr.

 

 

 

 ______________________________________________________________________________ My sister has a lifesaving tool in her car it’s designed to cut through a
seat belt if she gets trapped She keeps it in the boot…

 

 

 

 _____________________________________________________________________________ My friends and I were on a Lager run and noticed that the cases were
discounted 10%. Since it was a big party, we bought 2 cases. The cashier
multiplied 2 times 10% and gave us a 20% discount…. 

 

 

 

 _____________________________________________________________________________ 

I was hanging out with a friend when we saw a woman with a nose ring
attached to an earring by a chain. My friend said, “Wouldn’t the chain rip
out every time she turned her head?” I had to explain that a person’s nose
and ear remain the same distance apart no matter which way the head is
turned…

 

 

 

 

 

 

 

 

_____________________________________________________________________________

I couldn’t find my luggage at the airport baggage area. So I went to the
lost luggage office and told the woman there that my bags never showed up.
She smiled and told me not to worry because she was a trained professional
and I was in good hands. “Now,” she asked me, “Has your plane arrived
yet?”…

 

 

 ________________________________________________________________

While working at a pizza parlour I observed a man ordering a small pizza to
go. He appeared to be alone and the cook asked him if he would like it cut
into 4 pieces or 6. He thought about it for some time before responding.
“Just cut it into 4 pieces; I don’t think I’m hungry enough to eat 6
pieces.

 

 

 

 

_____________________________________________________________________ 

Sadly, not only do they walk among us, they also reproduce!!!!

 

 

 

 

 

June 12, 2008

‘n (blog) jaar in ‘n neutedop….

Filed under: Seriaaaaaaaaas — platterfuss @ 10:49 am

15 Junie 2007 het die blog-gogga my ‘gebyt’… en eish, die plek jeuk nog allie pad… soms meer as ander kere! En soms weer kry ek net lus om als te los!!!! Partykeer irriteer die bytplek die sewe soorte kak uit my uit, ander kere vergeet ek van ‘n dag of 6 van die ‘gevoel’, maar dan raak ek iets of sien iets raak… en die jeuk begin van voor af!

Maar, soveel mense, eers onbekend, en later bekend, het my stront kom lees, tot en met die oomblik, 67 194… en my tot ‘n mate leer ken!

Baie maal wonder ek hoekom… en hoekom is ‘blogging’ so verslawend….

Mense het my paadjie gekruis! ‘n Paar totally fucked-up ones, wat ek nie wil onthou nie….

Maar dan is daar die wonderlikes, te veel om by name te noem! Februarie toe Boeshie dood is…. Dis ongelooflik hoeveel ondersteuning ek van die cyberwereld gekry het…. Van uit alle oorde…. Tot Stoutsus se ongelooflike foto! E-mails, telefoonoproepe… sms’e! En dit het meer beteken as wat enige een van julle ooit sal weet!

Die tyd toe ek en Stofsuier ‘in mekaar vasgefok’ het in die blogosfeer… ek’s aangevat, en is vol slymspore gelos, maar my vriende was daar….

Van julle lees my letterlik soos ‘n boek! Kan dadelik uit my ‘praatstyl’ weet watse mood my die dag beet het…. En, weet ook hoe om te ‘reageer’…

Ek’s ongelooflik lui vir kommentaar los, maar ek lees religieus ‘my’ blogs… en, daar’s erg baie van hulle! So af en toe los ek ‘n spoor… maar meeste van die tyd lees en leer ek net!!!!

Ek het mense soos Dellie ‘ontmoet’… wat van die begin af besef het ek’s ‘n softie met ‘n grootbek! Daar’s Doom Attie, wat verstaan hoe ek dink en voel….

Daar’s Platkuif wat my ‘defend’ het sover hy gegaan het, ons was vriende lank voor ons in die rerige lewe ontmoet het, en ‘regte lewe’ vriende geword het! Nou’s dit al so ‘erg’, ons ‘share’ moods….. Hy weet, Platty wuvs him big time!

As Stevie nie rondgefok het nie, en ek nie ‘kant gekies’ het nie, sou ‘n wonderlike mense soos Janine nie my pad gekruis het nie, en is ‘n deel van my lewe… Gavin Prins het ‘galant’ in my lewe ingeval… nog steeds nie seker hoe nie, maar Gav is daar vir my, 24/7! Ek het Da Mario en Meermin en TristonJ raakgeloop…. daar’s die Costellos… daar’s die Debbies…. Die Yolandas….. Die Wimpies….. en en en en…… soveel van julle, dat ek eerder nie name gaan begin noem nie, want netnou mis ek iemand erens….. Ons het kontak, ongeag die ‘medium’… en, dis deel van wie ek is!

PlatterFuss (se naam  ) het die koerante gehaal…. En het even ‘gepryk’ in die Sondag na ‘n onderhoud met YB … saam met Bosparra en ander!!!

PlatterFuss het vroeer die week gevoel om blogging te los, maar toe is dit my beurt vir post op Bosparra, en, toe besef ek weer eens hoe ‘n ongelooflike hegte ‘familie’ mens raak in cyberspace! En dat mens erens tog saak maak….

Erens langs die pad kan ek dalk net iets vir iemand beteken……. Soos baie van julle die afgelope jaar ‘n invloed in my lewe gehad het… miskien my lewensuitkyk bietjie verbreed of verbeter het…. Erens ‘n smile op my gesig gesit het…. ‘n traan laat biggel het oor my wang….. ‘n temper tantrum veroorsaak het…. Watookal, JY het ‘n invloed op en in my lewe gehad….

Ek ‘salute’ julle bloggers, een en elk…….

June 9, 2008

Gatvol……

Filed under: Sommer Net — platterfuss @ 3:45 pm

Ek sit nou en dink na ek weer ‘n stupid fokkken teef se comment op my blog, en ‘n paar ‘Fok Platterfuss op want sy ‘laaik’ nie vir Steve nie’ e-mails…. Is dit werklik die moeite werd?

OK fine, mens skei tog (of ek doen) die ‘Platterfuss’ van die ‘Ek deel, maar tog het dit some way or the other ‘n invloed op ‘n mens! Op ‘n dag het ‘my’ blog dominee , Doom Attie my gevra hoe ek dit regkry om ‘ongeaffekteerd’ die ‘abuse’ te vat wat ek somtyds kry… en ja, dis omdat ek die 2 skei, alhoewel die ‘persoon’ in werklikheid dieselfde is, so sal die van julle wat my al ontmoet het, kan ‘getuig’!

Platterfuss bestaan in kuberruimte vir ‘n paar minute ‘n dag…. Ek daarenteen het ‘n lewe buite die kuberruimte! Niks te opwindend nie, gemeet aan whoever se standaarde, maar ‘ek’ is gelukkig….. Maar soms, net soms, krap dinge in die kuberruimte aan MY gat….

Is die kuberruimte die moeite werd? Ja, in baie opsigte! Ek het wonderlike mense leer ken… hier en in die ‘rerige’ lewe! Mense waarsonder my lewe baie armer sou gewees het….

En wat ‘n baie groot ‘gat’ in my lewe sou gelaat het as hulle dit nie gevul het nie! Soms ‘ken’ mens van die mense skaars, maar tog ken mens hulle… en kan optel aan ‘n entry dat die persoon nie hom of haarself is nie… en dan ‘voel’ jy net ‘n sms kan die ding doen…..

OK fine, die wat wil, fok my tog nou asseblief maar weer op! Maar vanaf laas week af sit ek op Bosparra en ‘bekyk’ die ‘task force’ of wat dit ook al genoem gaan word… Fokk se skepping… en besef weer die verskil tussen die ‘slakke’ en die ‘parras’! En nee, ek vat nie indiwidue aan nie, ek praat van die comments en dinge in general! Di seen ongelooflike spul slim mense daai…. En, hulle koppe sit op die regte plek, nie in ‘n donker gat erens nie……

Ek glo ‘n sin vir humor kan nie ‘gebeur’ as daar nie ‘n IK is nie…. Sorry, maar ek het nog NOOIT ‘n dom mens met ‘n sin vir humor ervaar nie… Nou kyk, dan’s die algehele Bosparra IK ongefokkenlooflik hoog… want Minora blades is nie ‘n patch op die klomp nie! Skerper as skerp….. En ja, hulle kan iemand ‘aanvat’, maar ‘speel’ die issue, nie die persoon nie… en maybe is dit ook maar ‘n teken van intelligensie? Of is ek verkeerd?

By the way Fokk en company…. Julle het URE se kliphard lag veroorsaak…..

My punt eintlik…. Is ek nog rerig LUS om te blog? Of moet ek maar PlatterFuss se nessie toegooi en net so af en toe ‘n kwaak gee op Bosparra?

Daar’s skynheiligheid wat my ‘n pyn innie gat gee, soveel so dat wragtig fisies wil naar word…

Daar’s soveel dinge wat eintlik totally teen MY grein is… en dan wonder ek, wat de fok soek ek dan nou eintlik nog in die kuberwereld?

June 3, 2008

Pa(fokken)teties!!!!!!!!!!!!!

Filed under: Sommer Net — platterfuss @ 12:22 pm
Tags: , , ,

(my bosparra post vir vandag… ek dink….)

 

Eish, kan ek darem nou so op my nugtermaag afgepp word… sommer net so!

 

Daar’s goed wat my solidly kan befok maak, my moermeter van 0 na 1000000000 kan opstoot met die spoed van ‘n heilige wit eland!!!

 

Skeinheilige mense…. Daai lot wat met strontringe (soos ‘n perelhalsnoer) om die nek loop… daai lot wat net in my pad geplaas word om my gat te krap, sommer net so omdat ek amper in ‘n goeie bui was….

 

Van gister af het ek nou al 10 fokken e-mails gekry wat my moer koer….  Diefokkenselfdedingoorenoor!!!!!!!

 

Slymerige sletterige snaakse stukke stront….  Of iets!

 

Mense wat so diep in ‘Ek-kan-kinders-by-die-dosyne-maak-maar-ek-fok-rond-al-is-ek-getroud-en-sê-dan-die-persoon-sleg’ se anus-gedeelte van die anatomie opgekruip is dat sy damn aambeie nou al lyk soos mangels!!!

‘n Wynvat… ‘n moerse ene… wat volgemaak gaan word met Brandy (hopelik sonder die Coke) en dan aan hom ‘oorhandig’ gaan word deur die mense by sy vertoning volgende week (of is dit nou die naweek) by some casino… ek gee so baie om kan nie eers onthou watter ene nie, maar hier in Jhb in any case!

 

Maar nou verstaan ek ietsie nie…

 

‘Ek’ kry nou die ‘briljante’ idee om vir iemand die ou geskenkie te ‘koop’ en te ‘vul’…. Dit kos ‘n paar duisend rand…. (En intussen besef ek ek’s eintlik net ‘n fokken armgat wat ryk dinge doen??  Of so iets) Ek kry die ding… ek laat lewer hom af by iemand wat moet reel vir die volmaak…… en DAN smeek ek vir fokken donasies om die ding te betaal?  Nee fok tog!  Ohhhh ja!  En dan kry jy jou naampie op ‘n plaatjie op die wynvatjie….  En dan gaan die wonderwerkie jou vir ewig onthou as die mens wat finally sy lewer 100% opgefok het!  Asof sy geperforeerde dermpies en k@ksakkie en opgefokte lewe nou nie genoeg vir eers is nie….

 

*mental note*  wonder verder oor hoekom Stevie se blog ‘toe’ is…. Dalk die regspan?  Dalk het die kakpraat opgeraak noudat daar ‘goeie strontvloei’ na die sakkie toe is?

 

En NEE!  Ek ‘bash’ nie vir wonderwerkie nie… ek wonder net oor mense, hulle dinge, en patete!!!

 

Volgende pafokkentetiese punt… of is dit nou pafokkentetiese mense?  Nie seker nie! HEHEHE!

 

Die wat ek mee geforseer is om saam mee te werk…   daar’s ‘n paar dinge in die lewe wat ek nie kan hanteer nie… skynheilige mense, liegbekke… en mense wat liewers sal dood as uit die mode!

 

Ek sit netnou hier buite en rook!  Nou reg langs ons kantore is ‘therapists’!  Van daai soort waar jy amper ‘sane’ instep, en totally gefok uitstap!  Daar waar die klein kindertjies amper normal instep en histeries en met ‘n  ‘kom moer my dood’ attitude uitstap….

 

Nou glo my vry, ek het so wragtig nog nie ‘n ‘normale’ mens daar sien in of uitstap nie… 

 

Nou stap die vrou (lees ANTIE, ten minste laat 50’s) daaruit….  Sy weeg 5 maal meer as wat haar ‘aanbeveelde’ gewig is…  en sy oorskrei beslis haar daaglikse aanbevole ‘porsies’ van als wat mens nie veronderstel is om te oorskrei nie!

 

MAAR…. Sy’t gehoor van MODE!  Nou’t sy die ‘hip-fit’ 12 sizes te klein jean aan!  Haar holle en selluliet-dye laat my dink aan 2 foxterriers wat baklei in in meelsak….  Dan’s daar die rolle net so bo die broek se ‘middel’….  Dis GOBBELS, nie rolle nie, want rolle laat mens nie normaalweg opgooi nie!  Net so bo die 3 lae gobbels is die toppie…  ten to one vir haar anorexia-aangevalde tienerdogter gekoop, het haar nie gepas nie, en toe besluit size 18 ma sy gaan vandag pronk in ‘n size 8….

 

Dan’s daar die dikmelk-goeters! Of buuste of iets… enige plastiese chirurg se droom as hy nuwe stel skalpels wil toets!!!   Nou kyk, hier in die middeleeue rond was die grootte ‘goeters’ seker fashion, maar vandag is daar goed soos diets en plastiese chirurge wat iets kan doen!  Of fokken wasgoedpennetjies as jy nie iets anders kan bekostig nie….  Of gooi die goed oor jou skouer… of IETS!!!  Maar hulle dreig dreig om so onder die ‘suppose to be to mid-rif’ toppie te wil uithang….

 

Die ‘cleavage’ wat veronderstel is om daar te wees, is ‘n totale leegte… want die boesem voel die swaartekrag se ‘aantrekkingskrag’ way te veel aan….

 

Nou beweeg my ‘blik’ op….  Sy het ‘n kalkoennek… Plooie waarin geen vlooie sal probeer nes maak nie… want so waar as fok, once in there gaat hulle never as te ever weer die daglig aanskou….  Nou’s daar nog ‘n paar lae onderlaag aangepleister!  En glo my, niks anders as ‘n troffel kan daai (3 shades te donker) onderlaag op daai gefrummelde nekkie aanplak nie!  *mental note*  Stuur vir Gavin van daai onderlaag… hy gaan nie eers ‘n nekstut nodig hê as Stevie hom weer aan SY nek rondruk nie….  Dis erger as ‘n ‘suit of armour’!!!

 

En ek sien ‘n ken…. En nog ‘n ken… en so wragtig NOG ene….  Nog ‘n kalkoenerige gedoente… daai lellerige ding wat ‘n kalkoen het is nie ‘n patch op die antie sn nie….  En net bo die drillerige afferes is ‘n ‘iets’ wat ‘n mond resemble….  Maar….  Swart?  Soos in Eyeliner-strepie-getrekte-lipvorm… en…  iets erg swarts op die lippe self….  (Het ek genoem dat die onderlaag op die nek en gesig ‘n paar skakerings ‘verskil’?)  Maybe het sy ‘n goth as kind?  Want net ‘n goth kan die make-up ding beter doen….

 

Die neus… hey!  Amper normaal!  Nou begin ek die oë soek…. Maar ek sien net gaatjies wat lyk soos ‘duifdosies’ in paartyd… piepiekolletjies in die sneeu!  En….  Swart ringe reg rondom!  Met halfmaanringe BO die ringe….  En nee, ek dink nie sy’s so gebliksem nie, ek dink sy’t haar self so gemaak!!!!  Ek dink nie mens kan ‘eyeliner’ so dik aankry nie!  Sy MOES stukke ‘vars’ houtskool gebruik het… en, erens het sy haar wenkbroue raakgepluk!  Daar’s nie 1 in sig nie, maar….  Dieselfde stuk houtskool het daar getref…..  een standaard verskriklike bree halfmaan so tussen die oog en die haarlyn!  Glad nie daar waar die goeters veronderstel is om te wees nie…..

 

Nou kyk, ek verstaan dat mens hare het met ‘n rede?  En dat daar seep, en water (even sjampoe) is met ‘n rede….  Mosgas, of Texaco, of wieookal boor vir olie, hoef net hier ‘n rig te ‘erect’… en hulle gaan dollars se olie ‘produseer’….

 

I rest my case:  Klas en styl kan NIE GEKOOP WORD NIE!!!!!!  Eish!

 

 

 

 

May 26, 2008

Why’s of MEN…..

Filed under: Smiles — platterfuss @ 12:08 pm

Ek’s so effens nie lus vir blog nie… en koud, en… dis MAANDAG… so….  hier’s ‘n smile…. dankie Debbie!!!  Die laaste paar…  Eish!  :-)

 

Why’s of Men

(Fanks DEBBIE)

 

 

 

1. WHY DO MEN BECOME SMARTER DURING SEX?

 

(because they are plugged into a genius)

 

 

 

2. WHY DON’T WOMEN BLINK DURING SEX?

 

 

(they don’t have enough time)

 

 

 

3. WHY DOES IT TAKE 1 MILLION SPERM TO FERTILIZE ONE EGG?

 

 

(they don’t stop to ask directions)

 

 

4. WHY DO MEN SNORE WHEN THEY LIE ON THEIR BACKS?

 

(because their balls fall over their butt-hole and they vapor lock)

 

(You’re laughing, aren’t you?!?!)

 

 

 

5. WHY WERE MEN GIVEN LARGER BRAINS THAN DOGS?

 

(so they won’t hump women’s legs at cocktails parties)

 

 

6. WHY DID GOD MAKE MEN BEFORE WOMEN?

 

 

(you need a rough draft before you make a final copy)

 

 

7. HOW MANY MEN DOES IT TAKE TO PUT A TOILET SEAT DOWN?

 

 

(don’t know…..it never happened)

 

 

( C’mon guys, we laugh at your blonde jokes!)

 

 

And the personal favorite:

 

 

8. WHY DID GOD PUT MEN ON EARTH?

 

 

(because a vibrator can’t mow the lawn)

 

 

Remember, if you haven’t got a smile on your face and laughter in your heart…Then you are just an old sour fart !

One for the ladies

 

One day my housework-challenged husband decided to wash his Sweat-shirt Seconds after he stepped into the laundry room, he shouted to me, “What setting do I use on the washing machine?”

“It depends,” I replied. “What does it say on your shirt?”

He yelled back, “University of Oklahoma.”

 

And they say blondes are dumb…

———————————————–

A couple is lying in bed. The man says,

“I am going to make you the happiest woman in the world.”

The woman replies, “I’ll miss you…”

 

———————————————————–

 

“It’s just too hot to wear clothes today,” Jack says as he ?  stepped out of the shower, “honey, what do you think the neighbors would think if I mowed the lawn like this?”

“Probably that I married you for your money,” she replied.

———————————————–

Q: What do you call an intelligent, good looking, sensitive man?

A: A rumor

 

 

———————————————————–

Dear Lord,

I pray for Wisdom to understand my man; Love to forgive him; And Patience for his moods. Because, Lord, if I pray for Strength, I’ll beat him to death.

AMEN

 

——————————————————————————————————————————— -

Q: Why do little boys whine?

A: They are practicing to be men.

———————————————–

Q: What does it mean when a man is in your bed gasping for breath and calling your name?

A: You did not hold the pillow down long enough.

 

————————————–———————

May 21, 2008

XENOPHOBIA OP MY DOORSTEP…

Filed under: Uncategorized — platterfuss @ 9:34 am

 

So baie maal kyk mens, maar SIEN nie…. 

 

Waar ek bly is ek so half ‘omring’ deur ‘squatter kampe’, Diepsloot en Kaia Sands is nie te ver nie… maar mens is mos veilig…. Mens dink nie!

 

Gister kom my favourite ‘boy’ op die plaas vertel sy pa is oorlede… ek simpatiseer, en doen al die regte dinge, maar nog steeds DINK ek nie…..  Ek sien hulle oë is groot, en ek wonder… maar wonder nie goed genoeg nie!!!

 

Joshua is soos ‘n ‘extention’ van my arms… ek dink nog ek plant ‘n plantjie, dan’s die plantjie geplant, net waar ek dit wou gehad het….  Kom ek laat by die huis en die hek gee probleme, word ek ge-escort tot IN my huis….  Hy check even of dit veilig is….  Ek het nie nodig om ‘n ding te doen nie, Joshua weet, en Joshua doen!

 

En, mens dink jy’s weggesteek tussen ander mense, ander plotte en plase…. Maar ek vergeet meeste van die mense wat werk in die area, is nie ‘locals’ nie, en die perde-mense is meesal Malawiers!  (Totaal anderster temperament, totaal anders as ‘ons’ swartmense…..  Daar’s nie stop nie!  Daar’s nie lui nie!  Daar’s lojaliteit, en daar’s ‘n totale ‘andersheid’ wat mens nie so maklik kan verklaar nie!)

 

Ek ‘voel’ die afgelope tyd Joshua is nie Joshua nie, Joshua is anders… maar steeds DINK ek nie, ek kyk, maar sien nie!  Tipies….

 

Gisteraand bel my landlady….  As ek enige iets buiten die normale by die ‘staff’ hoor, moet ek dadelik ‘panic button’ druk!  Maar ek dink steeds nie!  Ek dog maybe is daar ‘n drinkery (die Malawiers ‘vier’ die dood van iemand deur te ‘party’), of dalk bure se mense wat ‘n probleem met ‘ons’ mense het!

 

Lynn sê toe sy moet Elliot, en die 2 vrouens ook huistoe stuur… en weer ‘kop’ ek nie!  En toe besef ek!  Hulle is ‘foreigners’!  Met legal papiere en al die nodige dinge, maar steeds is hulle ‘foreigners’!  Ek het die paniek en bang op hulle gesigte gesien, maar ek het nie verstaan nie…. Ek het die vrees gevoel, maar ek’s mos ‘beskermde’ wild… so….  En blykbaar kry ongelooflik baie van die ‘buitelanders’ die ‘iemand is dood’ info, hulle pak op, klim ‘n bus, en net voor  die grensposte word hulle aangerand, beroof, en teruggestuur…. 

 

Die polisie reken hulle moet (vir hulle eie veiligheid) terug waar hulle vandaan kom….  Dalk omdat dit hulle werkslas minder gaan maak?  Beslis nie omdat hulle omgee nie!!!

 

Vir ‘n paar dae luister ek nou al na argumente van HOEKOM die sinnelose stront plaasvind….  En ek KAN steeds nie heeltemal verstaan nie!  Ja, daar’s valid punte, maar daar’s ook ‘n klomp stront!‘n Stupid voorbeeld….  Ek het vir jare vir ‘n mining company gewerk waar ons kantore ‘on site’ was….  As daar poste oopgaan is dit net nodig om ‘n vinnige rumour te versprei, en die volgende oggend was daar letterlik honderde mense wat kom aansoek doen het…  Nou’s een van die argumente, die ‘foreigners’ steel die locals se werk….  Mmmmmm ja!  Dit verklaar seker hoekom slegs 10% van die mense wat probeer werk kry by myne, ‘locals’ is…  ons SA mense is te ‘goed’ om ondergrond te werk….  En as dit so ‘n issue was, hoekom ‘ondersteun’ unies soos NUM dan  steeds die ‘foreigners’ op ons myne?

 

 

 

 

Is interessant om te luister hoeveel van die mense, die ‘foreigners’ byvoorbeeld ‘n winkeltjie het, of probeer om erens ‘n besigheid te bedryf….  Hulle PROBEER at least….  En hoekom is daar soveel Indier-besighede in die townships, en nie ‘swart’ besighede nie?  En nee, die ‘geld om besigheid te begin’ argument hou lankal nie meer water nie…..

 

Dan’s daar die wat reken is ‘n groep mense aangestel deur iemand hoog in die ‘government’….  Daar’s die wat reken Zuma se uitlatings oor Zimbabwiers in ons land het dit veroorsaak….  Daar’s die wat reken dis nie xenophobia nie… daar’s dom damn teefsel Winnie wat reken dit gaan eintlik oor ‘poor service delivery’…..

 

Maar ongeag wat dit veroorsaak het, dis steeds sinneloos….   Daar’s sekerlik ander maniere om die probleem aan te spreek?  Of dalk net stel niemand belang nie!!!

 

Ek het gisteraand heel rusteloos geslaap…  beskerm deur diewering, geelektrifiseerde heinings en ‘n 9mm…  warm in ‘n bed met genoeg komberse, en al die nodige dinge….  Maar tog was ek rusteloos, want daar’s mense naby my, wat ek glo my sal beskerm, indien nodig….  En ek kan basies NIKS aan sy lot doen nie….  Maar ek gaan wel probeer om te help om hulle veilig uit die land te kry….  Al is dit ook net tot in Botswana…. 

 

 

 

 

 

 

May 19, 2008

I don’t DO Mondays!

Filed under: Uncategorized — platterfuss @ 10:32 am

 

/me sings:  I don’t know why I don’t like Mondayyyyyyyyyyyyyyys! 

 

Glo my, ek WEET!!!

 

Is maklik, ek’s gebore om Maandae te haat met ‘n passie!!!  Want als wat kan verkeerd loop, of wat my kan afpiss, gebeur normaalweg op Maandae!

Ek word vanoggend wakker omdat ek moet wakker word voordat ek kan opstaan, en voordat my k@k dag kan begin!!!  En ek wonder of ek nie ook maar kan aanleer hoe om siek te ‘speel’ nie…..

 

Als ok tot ek die ‘grootpad’ bereik!  Waar daar normaalweg 10 karre per minuut verby ‘ry’ (lees voortf@k of aankruie).  Nou sal elke vrou probeer grimering ‘aanwend’ so in die ry… en in die proses vergeet om daai belangrike meter of twee vorentoe te beweeg….  En so veroorsaak sy dat 10 taxis elke 3 minute voor haar inbeweeg, so erg dat dit naderhand voel of EK in ‘reverse gear’ beweeg!!!!  En nog steeds besluit ek om nie my 200% te beskuie nie!

 

Gewoonlik is Witkoppen heel gangbaar….  Maar die laaste tydjie het ¾ van die noorde van Jhb se mense dit beslis agtergekom, want dis ‘n nagmerrie…. Soveel so dat ek nou oorweeg om elke oggend ‘n perd te ‘hijack’… en so werk toe te trippel!  Maar die seer holle… die kopseer wat gaan volg na 18km te perd?  En hoe gaan ek die frostbite stop?  En hoe gaan ek ge-defrost kry as dit nou eers kouer is? 

 

Dan het jy nou die klomp idiotiese ‘padgebruikers’ ook!  Kan hulle nie bestuurders noem nie, want hulle KAN niks bestuur nie!  Ook nie drywers nie, want ‘n drywer (lees taxidrywer) kan darem sy arm by die venster ‘uitgooi’, na hy hazards aangesit het, om jou te beduie hy gaan nou baie beslis k@k veroorsaak en reguit voor jou infok!!!  So, at least kan jy probeer om brieke aan te slaan… en at least het jy kans om jou vloekwoorde op te ‘line’….

 

Nou’s dit die ‘ryk’ anties se beurt met die make-up ding….  EN hulle try nog om sommer ook terselftertyd ‘n gesprek te voer op die selfoon… en dan nog tussendeur ‘n hou te mik na die snotneusie op die agterste sitplek! En daai snotneusie het klaar die arrogante k@k gesigsuitdrukking van die ‘tipiese’ rich Jhb kidz!!!

 

Ek vloek toe nou 99% van my vloeke op, want van Monte Casino tot Main Road vat dit ‘n hele fokken 35 minute (teenoor normaalweg se 15 op ‘n totally k@k oggend) …. en stap toe by die kantoor in…. brommerig, maar nog ‘saam-leefbaar’!

 

Hier is so ‘n ‘iets’ by die kantoor!  (Gelukkig min, want hy stink so dat ons probeer hom so veel moontlik in Botswana hou)!

 

En ek stap verby sy kantoor,  en die ‘aas’ tref my…..  Ek besluit toe om eerder my bek te hou, want anners is ek weer kort voor lank die inni poef…..

 

Minute later stap ek weer verby sy kantoor… en ‘n beweging vang my oog!  Nou kyk… ek kan nie GLO dat ‘n mens sy dik fokken vinger SO diep in ‘n neusgat kan opkry nie…..

 

Nodeloos om te noem… bolle rol het ‘n nuwe betekenis gekry!

 

EN ek’s ontslae van my eetlus vir die volgende week…. En ek het DIE befokste, niceste e-mail gestuur na almal in die kantoor……. En is seker nou dieper innie kak as ooit!  

 

Nou sit ek maar en wag vir die volgende ‘kom ons fok Platter se dag nou goed op’ gebeurtenis…..

Next Page »

Blog at WordPress.com.